8 dae gelede
Konsert vra heling van God
GENESING: Die gospelsanger Ricardo Burnett gaan ook optree.  ~ Foto Verskaf

DIE konsert Healing Wor­ship gaan steeds voort in Beaufort-Wes.

“Ons is baie opgewonde oor die konsert, veral in ’n tyd waarin ons moet bid en die Here vra om die land en wêreld te genees,” vertel die organiseerder, Morgan Kleynhans, uit die Karoodorp.

“Ons land gaan deur ’n krisis en nou is die tyd dat ons God soos nog nooit tevore vertrou om wonders te doen.”

Urich Robyn is die spreker in ’n spesiale diens op 4 April.

Urich sê nóú is die tyd dat die mense as ’n volk terugdraai na God en ons verneder voor die Here, dan sal God die land genees.

Optree

Die konsert Healing Worship vind 16:00 op 5 April in die His People Family Church in Danielstraat, in Rustdene, Beaufort-Wes, plaas.

Kaartjies kos R80.

Die diens is 17:00 op Saterdag 4 April in dieselfde venue saam met Urich Robyn en Melvin Claassen.

Die gaskunstenaars wat gaan optree, is: Charisma Hanekam, Ricardo Burnett, pastor Ruben en Pearl Oliphant, die Agape Christian Dansers, Urich Robyn, Nathan van Wyk en Gregory Noble.

  • Kontak Morgan Kleynhans by 065 195 1122 of 083 431 6053 vir meer inligting.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters