3 maande gelede
Kompetisie vir Queen
BRILJANT: Mense het Minnie Dlamini met Bonang Matheba vergelyk.  ~ Twitter

TWITTER weet nie wat hy wil hê nie.

Eers het ons gemoan dat Bonang Matheba vir elke liewe toekenningsaand in Mzansi gebruik word. Toe is daar van elke gebou af geskree #OpenUpTheIndus­try.

Maar toe die ewe bevoegde Minnie Dlamini dié naweek die DStv Mzansi Viewers’ Choice Awards by die Ticketpro Dome in Johannesburg aanbied, het die trolls reggestaan om haar met Queen B te vergelyk.

Dit terwyl Queen B, wat laas jaar dié awards show aangebied het, haar champopolo oorkant die waters in Amerika bemark.

Die twee gesoute TV-vroue is heeltemal verskillend. Vir my het dit dus nie eens sin dat hulle teen mekaar opgeweeg word nie.

Ek het die show gekyk en Minnie, oftewel Mrs Jones, het haar goed van haar taak gekwyt. Sy was goed georganiseer, het lekker grappe gemaak en sy het vir ’n slag darem dêm goed gelyk.

Mrs Jones het ons ’n hele paar looks geserve – nie almal ewe suksesvol nie, maar sy het ten minste getry.

Kyk, Minnie het al ’n paar lelike misses met outfits gehad. So, ek was nie te teleurgesteld in haar looks nie.

Vergelyk

Maar mense op Twitter was nie so genadig soos ek nie. Een laat hoor: “Ek probeer regtig met die pragtige Minnie, maar ek soek Bonang­ terug.”

’n Ander een laat hoor: “Soos altyd lyk Minnie­ soos ’n mess.”

Maar ek is hier vir dié twiet: “Julle, kom ons hou op om Minnie en Bonang met mekaar te vergelyk. Hulle is twee queens uit eie reg. Kom ons ondersteun Minnie sonder enige drama.”

In elk geval, hier is ’n lys van die wenners op die aand:

  • Song van die jaar:

Prince Kaybee, In­dlovukazi, Supta & Afro Brotherz – “Gugulethu”

  • TV-aanbieder van die jaar:

Moshe Ndiki

  • Komediant van die jaar:

Siyanda Maphumulo

  • Gunsteling- opkomende ster:

Kabza de Small

  • Gunsteling-radiopersoonlikheid:

Khathide “Tshatha” Ngobe

  • Gunsteling-akteur:

Warren Masemola

  • Gunsteling-aktrise:

Sindi Dlathu

  • Gunsteling-musiekkunstenaar/groep:

King Monada

  • Gunsteling-DJ:

Kabza de Small

  • Gunsteling-sportpersoonlikheid:

Siya Kolisi

  • Gunsteling-persoonlikheid van die jaar:

Bonang Matheba

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters