3 maande gelede
Kommer oor Kim se kleiner kurwes
Kim Kardashian West se familie worry oor sy so skraal raak. FOTO VERSKAF  ~ 

KIM Kardashian West se familie is baie bekommerd omdat sy deesdae so maer is.

Ek lees op Us Weeklyse site Kim (37) se supermodelsussie, Kendall Jenner (22), het uitgewys die ster wat bekend is vir haar kurwes, is nou baie skraler.

Hoewel die ma van drie volhou sy en haar trainer oefen net hard, dink Kendall sy honger haarself uit. In Kim se Instagram-storie sê Kendall aan haar: “Ek is regtig bekommerd. Ek dink nie jy eet nie. Jy is so maer!”

Maar haar blonde sussie, Khloé Kardashian (34), dink Kim lyk popmooi.

Die nuwe mammie sak af aan Kim: “Ek het nog nooit ’n mens gesien wat so goed lyk soos jy nie. Jy is ’n lopende facetune-poppie. Ek het nog nooit ’n skraler mens as Mrs. West gesien nie. Wel, daar is Kendall, maar jy is van nature so skraal. Dit kos baie werk om soos Kim te lyk en dit is amazing.”

Nou kan ons ons maar klaarmaak, want skinny gaan nou weer die in ding wees, net oorlat die Kardashians só besluit het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters