13 dae gelede
Kom lag jou pap by Komediefees
Wayne Mckayfoto’s verskaf  ~ 

DIE Kaapse grapjas Wayne Mckay is ook een van die 45 komediante wat by The Mother City Comedy Festival gaan optree.

Daar gaan gedurend drie weke 40 shows op die komedie-fees in die Baxter Teater op die planke wees.

Die fees het Dinsdag begin en duur tot 29 Februarie.

Die vervaardiging is deur die komediant en akteur Siv Ngesi, in samewerking met Taylor Made Productions.

Saam met die fees beoog hulle om stand-up comedy in al sy verskillende weer­gawes te vier.

Op weekdae sal daar twee shows wees en naweke drie shows daagliks.

Benewens Wayne­, Dugald en Piet is van die ander grapjasse wat ook op die fees sal optree Kurt Schoonraad, Nik Rabinowitz, Joey Rasdien, Dalin Oliver, Mel Jones, Ya­seen Barnes, Carl Weber, Soli Philander, Nina Hastie en Shimmy Isaacs.

Die reuse in komedie The Goliaths – Jason, Donovan en Nicholas – gaan ook vermaak bied by die komedie-fees.

Toegang kos tussen R120 en R150. Kaartjies is beskikbaar by webtickets.com en sekere Pick n Pay-takke.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters