8 dae gelede
Kom kuier Sondag saam oppie plaas
grapjas: Die Kaapse komediant Marc Lottering gaan julle Sondag laat skaterlag.foto verskaf  ~ 

MARC Lottering én Quinton Manuels as MCs van ’n event belowe jou reeds waarde vir jou geld, want jy wéét jy gaan jou slap lag!

Maar as drie van die Kaap se groot sangsterre, Karin Kortjé, Jarrad Ricketts en Robin Pieters ook optree en ’n kaartjie net R50 kos, dan is dit mos Krismis in Mei.

Voeg daarby die gewilde party band Jeodhouse en jy weet – hier kom ’n ding!

Ja, ál hierdie kunstenaars tree Sondag in die Urban Beauty Academy 90 Day Wellness Challenge se derde “Big Reveal” op.

Deel van die opbrengs gaan gebruik word as beursgeld vir behoeftige studente aan die UBA.

Die Big Reveal vind op 19 Mei plaas by die plaas Eaglevlei in Stellenbosch – van 12:00 tot 17:00. Daar sal ’n speelarea vir die kleintjies wees én ’n oppasser.

Kaartjies teen R50 stuk is beskikbaar op Quicket. co.za en dit kos R60 by die hek.

  • Kontak Urban Beauty Academy by 021 829 9432 of e-pos admin@urbanbeauty.co.za vir nadere inligting.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters