10 dae gelede
Kom koel af op Vrouedag
stiek yt: BrownSuga SA gooi op Vrouedag ’n cooler box-paartie.foto’s verskaf  ~ 

HET JY al planne vir Vrouedag?

BrownSuga SA en Deroco Entertainment bied aan The Women’s Day Coolerbox Party.

Die event vind plaas op Vrydag 9 Augustus om 19:00 in die Parow Civic.

Die MC is niemand anders nie as die komediant Wayne Mckay.

Van die kunstenaars wat gaan optree, is Candice Thornton, Charl “Baby Boye” Pilwan, Ethan Herman, Heinrich Isaacs, Bradley Jakes en DJ B Squared. Hulle gaan begelei word deur die band BrownSuga SA.

Die spesiale gasspreker is Mrs Deaf South Africa 2018, Tracy Duncan. Sy gaan praat oor haar reis sedert sy ingeskryf het vir Mrs Deaf SA-kompetisie in 2017 en hoe sy as ’n dowe mens die uitdagings oorkom het.

Pryse

Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by Webtickets, enige Pick n Pay of by Oslin Jacobs by 081 235 3465 of Denver Damons by 073 912 3593.

Die geleentheid word geborg deur EAD Cosmetics en hulle gaan skoonheid-hampers en pryse aan die dames uitdeel.

Elkeen kan sy cooler box saambring met sy eie XYZ in.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters