3 maande gelede
Kom jol innie ‘CW’
Musiekman: Mr Mize tree op in Worcester. FOTO verskaf  ~ 

KOM jol saam met Worces­ter se musiekman.

Die bekende Bolandse sanger Mr Mize bied aan The Motown Expe­rience Part 1.

Die event vind Sondag 30 September by die Crossroads Club in Adderleystraat in Worces­ter plaas.

Die deure open 15:00 en die show vind van 16:00 af tot 19:00 plaas.

Mr Mize gaan optree saam met plaaslike kunstenaars soos Cordiel Witbooi (South Africa’s Got Talent-semifinalis), The Bad Boy, Francois “Afro-keys” Africa, Judy (hoofsangeres van die band Bacarasj), Rockey, Markey (Youth Music Competition-wenner) en Vicky (ook van Bacarasj).

Mr Mize sê: “Die Motown show gaan oor die samewerking tussen ons plaaslike musiekkunstenaars. Ons wil live­ entertainment in die dorp promote.

“Ons gaan fokus op die legends soos The Tempta­tions en Earth, Wind and Fire se musiek, om soul terug te bring, asook entertainment vir die meer volwasse musiekliefhebber.”

Die mayor van die Breedevallei, Antoinette Steyn, sal ’n spesiale gas vir die aand wees.

Kaartjies kos R70 en is by Mr Mize by 074 845 2904 beskikbaar. As jy die middag van die event by die deur betaal, sal dit R90 kos.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters