2 maande gelede
Koko gatvol oor comments
Stories op blogs oor Khloe en haar berk, Tristan Thompson, laat dié vrou knor. foto verskaf  ~ 

KOKO is gatvol vir almal wat ’n eiertjie te lê het oor haar cheater-berk.

Khloe Kardashian het iemand dié week op Instagram sleggesê oor kommentaar op ’n blog dat Koko en Tristan Thompson op trou staan.

Ek sien op E! sy’t sommer eerste begin baklei met die bloggers en agterna die troll aangevat.

Die mamma van True skel: “Wie maak dié crap op wat julle post? Is dit hoe skaars die nuus is? Het julle regtig dié simpel storie nodig? Wat ’n mors van tyd! As julle nou die goed móét skryf, moet my dan asseblief nie daarin tag nie.”

’n Troll comment toe: “Dié is so hartseer. Wie soek so ’n love story? Dit is pateties om te sien hoe ’n sterk vrou so swak raak vir ’n man.”

En net daar het Khloe haar moer gestrip. “Dis regtig hartseer dat jy blogs glo en dan jou tyd daarin belê om kommentaar te lewer oor iemand anders se lewe.”

’n Ander troll vra toe: “So, sy maak nou asof Tristan nie gejol het nie? Sê jy die die bloggers het die jol-storie opgemaak?”

Toe verloor Koko dit en kap terug: “Ek maak nie asof Tristan nie gecheat het nie. Ek sê die storie oor die trouery en almal wat maak asof hulle weet waaroor ons praat, is stront. Ek is nie kwaad nie, ek wys net uit dat bloggers stories skryf en aan julle verkoop asof dit die waarheid is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters