5 dae gelede
Kô kuie’ saam met Plaasnaar
Lekker! Die kunstenaar Plaasnaar tree Saterdag in die hoërskoolsaal van Lentegeur op.  ~ Foto Verskaf

PLAASNAAR gaan Saterdagaand die woonbuurt Lentegeur laat ruk wanneer hy saam met twee nuwe kunstenaars optree.

Die konsert word dan in die hoërskoolsaal van Lentegeur gehou en dit gaan sommer ’n groot jol wees.

Plaasnaar raak nou sommer gou baie gewild. Hy het onlangs deur die Noord- en Oos-Kaap getoer. Daar het hy in verskeie dorpe optredes gehou en groot skares getrek.

Voorspel

Die twee kunstenaars wat saam met hom sal optree, is die broer en suster Trevino en Aisha Babez.

Vir haar word daar reeds ’n groot toekoms voorspel.

Toegang vir die show kos R40 en ál die geld wat ingesamel sal word, gaan aan liefdadigheid.

Shameema Isaacs, die main organiseerder, sê hulle is ’n groep vriende wat graag behoeftige mense wil help.

Hulle verskaf vervoer vir behoeftige leerders na hulle matriekafskeide en proms.

  • Mense kan Isaacs gerus by 072 889 7067 kontak.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters