8 maande gelede
‘Kinnes’ op planke
Dean John Smith en Lindsey Abrahams in Kinnes wat by die US Woordfees opgevoer word. Foto: Jaco Marais  ~ Jaco Marais

DIÉ storie is ’n slide show van die lewe wat jou kan verryk.

Kinnes is ’n toneelstuk waarmee baie mense hulle kan vereenselwig.

Een van die akteurs in die bekroonde toneelstuk is Dean John Smith. Hy vertolk die rol van Derick, ’n aspirant-digter. Woorde maak sy kop stil, maar dit betaal nie die bills nie.

Die toneelstuk kom uit die pen van Chase Rhys, wat laas jaar die eerste wenner van die Adam en Rosalie Small-toekenning vir aspirantskrywers was.

Smith sê: “Chase kry dit reg om ’n balans te skep met die reality en om ’n great storie te vertel. Dis iets vir almal en nie net nóg ’n gangster-storie nie.”

Oor sy karakter sê Smith dat Derick maar ’n stil outjie is.

“Derick het ’n klomp layers. Ek moes stil word en deur Derick se layers werk.”

Kinnes vertel die unieke storie agter elke karakter wat jou op ’n reis neem.

Dit gaan oor die realiteit wat vir baie die norm is, maar waarvan baie wat in ’n kas is, nie bewus is nie.

“Jy leer om nooit op te gee nie, dat daar hoop is – jy moet net glo.

“Jy leer jy kan uit die diepste hartseer geluk vind en dat dit oukei is om oukei te wees.”

Smith voeg by: “Jy móét dit kyk, want jy’t die voorreg om te weet wat in die samelewing aangaan – op ’n fun manier.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters