5 dae gelede
Kinders kruip in Cheswyn se hart in
Cheswyn Ruiters  ~ Peter Abrahams

NIE net roer hy jou hartsnare wanneer hy sing nie, Cheswyn Ruiters het self ook ’n groot hart.

Vanjaar se Maak My Famous-wenner beplan om Krismis vir ’n paar kinders baie spesiaal te maak.

Cheswyn vertel hy het laas week deur Facebook gescroll en afgekom op ’n post van die Herberg Kinderhuis in Robertson.

Hy sê: “Ek het toe ’n bietjie meer navorsing oor die kinderhuis gedoen en met die eienaar gepraat.

“Dis toe ek hoor van die behoefte aan toiletries, skryfbehoeftes en speelgoed.”

Die 122 kinders van oral in die land het die ster laat besluit om op 20 Desember ’n gospelkonsert te hou.

Cheswyn sê: “Al die geld van die show in Worcester gaan ek gebruik om toiletries, skryfbehoeftes en ’n Krismisgeskenkie vir elke kind daar te koop.”

Vir eers is dit net hy wat sal optree, maar hy beplan ook om ander musikante te nader.

Cheswyn beplan om die kinders se harte bly te maak deur die geskenkies self op 24 Desember te gaan aflewer.

Gewonder

Hy noem hy is in die wolke oor die reaksie op die live Facebook- video waarin hy die aankondiging gedoen het.

Cheswyn sê: “Ek het gewonder wat ek kan doen om die kinders te help. Toe besef ek ek kan my sangtalent gebruik.

“Ek is by ’n punt in my lewe waar ek ’n verandering in ander se lewe kan maak.

“Ek wil elke kind spesiaal laat voel omdat ek weet hoe dit voel om Krismis met niks te sit.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters