2 maande gelede
Kim wil stem vir vele wees
Kim Kardashian leer om ’n lawyer te word.Foto:galloimages  ~ 

AS ONS ons ogies uitvee, dan is Kim Kardashian ’n lawyer.

Die realiteitster se hubby, Kanye West, het aan die TV show Extra gesê sy vrou het ingeskryf vir law school.

Die rapper spog: “My vrou is nou in law school en dit is baie ernstig vir ons.”

Kimmy het mos gesorg dat die Orange President, Donald Trump, Alice Marie Johnson (63) in Junie ná 21 jaar uit die tjoekie vrylaat. Sy sou lewenslange tronkstraf uitdien sonder parool omdat sy drugs by haar gehad het.

Mal

Kanye is baie trots op sy vroutjie wat haar celeb-status gebruik om mense te help.

Die derra van drie brêk: “Ek is mal daaroor. Ek is mal daaroor. Dis ons fokuspunt – om mense te help wat nie ’n stem het nie en om class systems weg te doen.”

So, volgens Kanye, gaan vroulief volg in die voetspore van haar derra, Robert Kardashian, wat een van OJ Simp­son se lawyers was.

Kom ons hoop sy is net so goed met die law-ding soos sy met selfies is ...

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters