3 maande gelede
Kim score in die hof
WEN: Kim Kardashian kry ’n moerse klomp geld in ’n law­suit. Kanye West is by haar. Foto: STANDARD.CO.UK  ~ 

NEE, kyk, dis mos nie asof dié vrou die geld nodig het nie, of hoe?

Ek praat natuurlik nou van onse Kimmie.

Die Kardashian het volgens Channel24 een moerse bedrag (hoe klink R37 miljoen vir jou?) losgeslaan in ’n lawsuit teen die fashion brand Missguided (misguided indeed).

In Februarie het die socialite die brand aangevat omdat hulle haar naam en pics sonder haar permission gebruik het om “knock-off”-klere te verkoop.

Sy het die Britse maatskappy daarvan beskuldig dat hy haar designer-klere na-aap.

Sy het hulle oorspronklik vir R13 miljoen gesue.

Regskoste

Volgens The Fashion Law het die hofbevel teen Missguided gekom nadat die maatskappy die oorspronklike lawsuit ’n flat ignore gegooi het.

En daarom het Kim nou ekstra geld, want sy het ’n default judgement oor daai flat ignore gekry.

Missguided moet ook die regskoste betaal. Misguided indeed.

Anyway, nou word die maatskappy ook verbied om enige van Kim se trademarks te gebruik. En die arme drommels moet haar bakkies van hulle Instagram-blad afhaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters