9 dae gelede
Kim ondersteun Kanye, al stem hulle nie altyd saam
Familie: Kim Kardashian sê sy en Kanye verskil soms oor hoe om hulle kinders North, Saint, Chicago en  ~ Instagram

KIM Kardashian mind nie om opofferinge vir haar hubby, Kanye West, te maak nie.

Dié realiteitster het Dinsdag in The Real gepraat oor hoe ’n huwelik baie werk van albei partye verg.

“Ek wil hom en sy gevoelens eer. En hy is deur ’n lewensverandering.”

Sy verwys natuurlik na Kanye se religious journey.

Kimmy vertel verder die grootste tameletjie in Kimye se huwelik van vyf jaar is natuurlik die grootmaak van hulle kroos – North (6), Saint (3), Chicago (1) en Psalm (5 maande).

“Die kinders raak ouer. Hy is baie versigtiger oor wat ons in die huis het.

“Ons het al die televisies uit die kinders se kamers verwyder, asook die make-up uit Norrie se kamer.

“Hy het die epiphany gehad om ’n strenger derra te wees.”

Hoewel Kimmy met haar man saamstem, het sy die aanbieders van The Real – Tamera Mowry-Housley, Jeannie Mai, Adrienne Bailon en Loni Love – laat verstaan sy gaan altyd haarself wees.

“So, ons het daai bespreking en daai fight gehad.

“Ek dink dis wat ’n huwelik is. Hy gaan dinge doen waarmee ek nie saamstem nie en ek sal hom ondersteun en hy sal dieselfde vir my doen.”

Voorbeeld

Kim sê sy is trots op die stap wat die “Jesus is King” rapper gemaak het om sy lewe te verander.

“Ek is mal oor sy pragtige reis en ek dink dit is ’n great voorbeeld vir ons kinders.

“Maar ’n mens moet ook ferm wees en doen waarmee jy gemaklik is. Ek vat ’n bietjie van wat hy sê en ek kom hom tegemoet.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters