2 maande gelede
Kim kry kar oor sy rave
Kim Kardashian het ’n SUV as geskenk gekry.Foto’s: gallo images  ~ 

KIM Kardashian het nou ’n ryding wat by haar neon­groen hare pas.

Ek sien op E! die rapper-man van dié realiteit­ster met die groot boude, Kanye West, het vroulief se hart gesteel met die monsteragtige Mercedes-Benz G550 4×4 SUV.

Kimmy brêgh toe op sosiale media oor dié geskenk van hubby. Dit is dieselfde kar waarmee die tweetjies nou die dag gery het na hul tjommies 2 Chain en Kesha Ward se troue toe.

Kim het daai SUV gekies oor dit by haar neongroen latex-rok gepas het. Sy het glo verlief geraak op die SUV toe hulle in Miami rondrits.

Sy het mal gegaan op haar Instagram Stories toe sy die monsterkar afshow: “Julle, kyk wie het my verras met dié baby! Ek het die truck van my drome gekry oor ek so opgewonde in Miami daaroor was.” Die 37-jarige het toe later ’n foto van kleurryke pruike ge-post. Sy skryf toe: “Nuwe hare om by die nuwe whip (voertuig) te pas.”

In die video van haar nuwe neongroen SUV het sy ook gat gemaak van haar man se piepklein sliders. Mense op sosiale media het Kanye ge-roast oor hy klein Yeezy slides na die troue gedra het. In Kim se video het hy weer ’n paar knap sloffies met sokkies aan.

Sy grap: “Die regte vraag is – pas dit?

“Dit is wat almal wil weet. Watter size is dit?”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters