27 dae gelede
Kikker lockdown op met ’n konsert
OPWINDEND: LRI Productions wys van die artists wat op 24 Julie in die aanlyn Lockdown Duet-konsert optree.  ~ Foto Verskaf

JY BETER daai vere regskud vir ’n lekker opskop.

LRI Productions beplan ’n lekker aanlyn konsert wat jou in dié moeilike tyd sal opkikker.

“Covid-19 het ons as kunstenaars hard geslaan baie gigs is gekanselleer, so dis ’n baie swaar en moeilike tyd vir ons almal,” vertel Fagrie Isaacs, een van die kunstenaars wat gaan optree.

“So ’n maand gelede is my familie ook geaffekteer deur Covid-19, maar Here het ons deurgedra.”

Isaacs meen voor die pandemie was mense so besig om sukses na te jaag dat ons baiekeer ons families afgeskeep het.

“Maar lockdown het ons weer nader aan mekaar gebring.

“Ons is ’n sterk nasie. Nou is die tyd om hande te vat en saam te staan, want God is nog in beheer.”

Van die ander kunstenaars wat gaan optree, is Leonie le Roux en Lesley-Rae Webber.

Opgewonde

Die opwindende sanger Rique Nelson gaan sorg dat julle lekker dans. Chad Chitter, oftewel DJ Skouers, sal as die MC optree.

“Ons is baie opgewonde om die konsert vir julle te bring,” vertel Lloyd van der Rheede van LRI Produksies.

Die Lockdown Duet-konsert vind op 24 Julie van 18:30 tot 21:30 plaas. Kaartjies is teen R50 by Quicket beskikbaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters