10 dae gelede
Khloé stres oor kavalier Tristan
Khloé Kardashian worry Tristan Thompson gaan weer cheat in Cleveland.Foto: hercampus.com  ~ 

KHLOÉ Kardashian is nog baie insecure nadat haar baby daddy haar verskeie kere verneuk het.

’n Bron het aan E! uitgelap Khloé (34) worry haar dood oor of Tristan Thompson (27) getrou gaan bly. Hy gaan weer alleen in Cleveland wees om vir die Cavaliers basketbal te speel.

Die hemelbesem het op Khloé gecheat toe sy hoogswanger was met sy kind. Maar al sukkel sy om hom te vertrou, sê ’n bron sy wil eerder in Los Angeles by haar familie bly.

“Khloé was gereed om Cleveland toe te gaan, maar het toe besluit om nie te gaan nie.

“Sy voel nie gemaklik daarmee om haar familie en huis in LA te verlaat nie. Sy is nog nie reg om Cleveland toe te gaan nie.”

Die skinderbek sê ook Tristan en Khloé se liefdesbootjie vaar nie op stille waters nie.

“Hulle het deesdae baie ups en downs. Hulle is nie in die beste plek nie. Khloé wil dinge uitwerk vir hulle dogtertjie, True, se onthalwe, maar dit is baie moeilik. Sy het groot trust issues en dit het ’n wig tussen hulle ingedryf.

“Khloé het gedink dinge sal oorwaai, maar diep binne haar het sy steeds insecurities.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters