5 dae gelede
Khloé sit hand by
OU SUS: Khloé Kardashian kyk uit vir haar kleinboet.  ~ Popsugar.com

KHLOÉ Kardashian sal maar altyd die beskermende ouer suster wees.

Sy staan haar kleinboet Rob Kardashian (32) by in sy custody battle met sy eks Blac Chyna oor hul driejarige dogtertjie, Dream Kardashian.

’n Informant het aan E!News vertel dat Khloé – wat haar eie klerereeks het – en hulle ma, Kris Jenner, bekommerd is oor Rob en hulle help waar hulle kan.

Of dit nou is om Dream te nooi om saam met die ander Kardashian-Jenner-kleingoed te kom speel, of net om die jongste Kardashian ’n skouer te gee om op te leun – Khloé doen wat sy kan.

Verandering

Die informant sê Khloé het nog altyd ’n sagte plek vir Dream gehad. “Sy is soos ’n tweede ma vir haar.”

Khloé en Kris bring baie tyd saam met Dream deur en hulle “sien die verandering in haar optrede” wanneer sy van haar ma, Blac Chyna, se huis af kom.

E!News het vroeër berig dat Khloé in ’n verklaring aan die hof gesê het dat Dream aggressiewer is wanneer sy van Blac Chyna af kom. Pa Rob is net so bekommerd oor sy dogter.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters