Verlede maand
Kenny kry nie curves
super mooi: Die super model Kendall Jenner het ook insecurities.Foto: wire image  ~ 

KENNY is nou wel ’n super­model, maar dit beteken nie dat sy gaan in­securities het nie.

Kendall Jenner het dié week in ’n onderhoud saam met The Telegraph gepraat oor hoe sy grootgeword het tussen haar curvy susters, Kourtney Kardashian, Kim Kardashian, Khloe Kardashian en Kylie Jenner.

Dié 23-jarige supermodel bieg sy het haar dikwels met haar sexy susters vergelyk.

Die langbeen-model laat hoor: “My susters is baie meer curvy as ek. Hulle het boobs en ek nie.

“Toe ek klein was, was ek altyd die maer meisie en dan het ek my susters gesien en gewonder of ek nie veronderstel is om meer sexy soos hulle te wees nie.”

Die Keeping up with the Kardashians-ster sê sy het ook altyd gevoel asof sy nie regtig inpas by haar susters nie.

Maar gelukkig weet Kenny die feit dat sy nie noodwendig soos haar susters is nie, maak haar spesiaal en sy het gesê dat sy dit probeer embrace.

“Ek weet my vibe is anders as my susters s’n. Ek daarvan om dinge anders te doen as hulle. En dis oukei.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters