5 maande gelede
Keenan se album uit
DROOM VIR RAPPER: Keenan Henkelman se debuutalbum is op die rakke. Foto:GREGORYNOBLE  ~ 

KEENAN Henkelman is opgewonde. Sy droom het waar geword met sy debuutalbum, What a Life.

Die rapper van Athlone het in 2017 ’n aanlyn MTN-musiekkompetisie gewen. Hy glo dinge sal op die regte tyd uitwerk.

In 2018 het Keenan na Los Angeles in Amerika gevlieg om saam met ’n record producer ’n single daar op te neem.

Keenan verduidelik: “Toe ek daar aankom, was Mike Will Made It (die producer) nie beskikbaar nie, want hy het toe gewerk aan die klankbaan van die movie Creed II.

Fokus

“Ek was baie teleurgesteld. Dís toe dat ek die klankingenieur Young Mozart ontmoet het, en ons het aan ’n beat gewerk waarop ek gerap het.”

Keenan glo dié ups en downs het hom geleer dinge gaan nie altyd uitwerk soos jy dit beplan nie.

Maar hy glo ook as jy op die positiewe dinge fokus, sal jy jou doel bereik.

Hy voeg by: “Dit was ’n ongelooflike ondervinding om daar te stap in die strate waar groot sterre elke dag vir hulle ’n naam maak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters