10 dae gelede
Keanu verras talle toe hy liefie vir wêreld wys
Duifies: Keanu Reeves verskyn hand aan hand op die rooi tapyt saam met Alexandra Grant.  ~ Getty Images

BAIE van Keanu Reeves (55) se vroulike fans sit nou met ’n gebroke hart.

Die akteur het onlangs trots sy meisie, Alexandra Grant (46), by die Lacma Art + Film Gala in Los Angeles afgeshow.

Die tweetjies het nog nie amptelik aangekondig dat hulle saam is nie, maar hulle het hande vasgehou en baie verlief op die rooi tapyt gelyk.

Hulle is al vir jare tjommies en het saamgewerk aan die prenteboek Ode to Happiness, wat in 2011 gepubliseer is. Baie van die John Wick-ster se fans het nie eens geweet daar’s iemand spesiaal in sy lewe is nie.

Een fan twiet: “Wag gou! Keanu Reeves het ’n meisie? Ek is so bly vir hom!”

Portuur

Nog een laat hoor: “Wat?! Keanu Reeves het ’n meisie?! Skielik voel ek asof daar nog hoop in die wêreld is.”

Daar is weer baie wat bly is dat die akteur ’n partner gekies het wat by sy portuur pas en nie ’n jong bokkie soos talle van die ander Hollywood celebs nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters