8 dae gelede
Keanu en sy kitaar beloof ’n aand van mooi musiek
stiek yt: Keanu Harker tree môreaand in die Nomad Bistro & Bar op. Foto: karstens kaptures  ~ 

AS JY ’n groot fan van die Kaapse sanger Keanu­ Harker is, het ek goeie nuus vir jou.

Die talentvolle kitaarman gaan sy aanhangers vanaand met ’n intieme show treat.

Die 23-jarige boorling van Belhar tree in die Nomad Bistro & Bar op. Dis by Waterkantstraat 33 in die Kaapse middestad.

Keanu gaan die stage 20:00 vat en die gehoor met classics en sing-alongs bekoor soos net hierdie man kan.

Hy belowe dit gaan ’n baie interactive performance wees en sê hy sal dalk een of twee song requests uit die gehoor neem. Die musikant gaan ook ’n paar oorspronklike songs doen.

“Dit gaan ’n lekker, ontspanne aand wees waar baie van mense se gunste­linge gesing gaan word. Ek is seker mense gaan sommer lekker saamsing,” beloof die kunstenaar.

By die deur betaal jy R50. As jy plek wil bespreek, kan jy die Nomad Bistro & Bar by 021 418 3020 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters