2 maande gelede
Katy prank Orlando lekker in radio show
grappig: Katy Perry het haar verloofde, Orlando Bloom, ’n poets gebak. Foto: getty images  ~ 

KATY PERRY het haar verloofde, Orlando Bloom ’n poets gebak.

Die akteur was ’n gas op BBC Radio 1 toe hy gevra is om celebrity voice impersonations te judge.

E! berig dis toe dat ’n caller, ene Gemma, inbel en ’n impersonation doen wat Orlando net nie kon crack nie.

Dié Gemma het beweer dat sy ’n Katy Perry impersonation doen, maar hy het glad nie gewis dat die einste Katy die inbeller is nie.

Die akteur het ‘Gemma’ toe geantwoord met: “Oe, wel ek sal die judge daarvan wees.”

Oortuig

Nadat ‘Gemma’ Katy se 2008 hit “I kissed a Girl” gedoen het, het Orlando laat hoor: “Ja, Gemma. Dit was great. Jy het regtig goed gedoen. Ek is nie oortuig nie, maar dit sal moeilik vir jou wees om my te oortuig, want ek bly saam met daai stem in een huis.”

Toe antwoord ‘Gemma’: “Hi, baby. Liefie, ek het gedink jy ken my beter. Dink jy regtig ons kan die lank pad saam stap as jy nie eens my stem herken nie?”

Orlando moes op sy voete dink om sy verloofde tevrede te stel.

“Nee, daai was goed, liefie, want jy weet wat jy gedoen het. Jy het soort van die Engelse version van jou gedoen. Dit was so slim.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters