15 dae gelede
Katy-hulle gaan ’n ‘fun paartie’ hou
groot dag: Katy Perry en Orlando Bloom gaan glo voor die einde van die jaar trou. Foto: getty images  ~ 

KATY Perry (34) en Orlando Bloom (42) is nog voor die einde van die jaar ’n getroude paartjie.

Daar word in Hollywood geskinder dat die twee sterre wat op Valentynsdag verloof geraak het, so gou moontlik wil afhaak.

Die sangeres se eerste troue saam met Russell Brand in 2010 was ’n groot, posh affêre, maar nou wil sy glo ’n klein, fun troue hê. Hierdie is ook Orlando se tweede troue.

Finaliseer

’n Ingeligte vertel aan People: “Hulle beplan ’n prettige paartie saam met familie en vriende.

“Hulle maak gebruik van ’n planner om al die troureëlings te finaliseer. Dit lyk asof Katy in beheer daarvan is, maar Orlando is ook betrokke. Hulle lyk nie te gestres nie. Dit gaan ’n fun troue wees.”

Of dit nou klein of groot gaan wees, ons kan nie wag nie, want boring gaan Katy se troue beslis nie wees nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters