2 maande gelede
Katsjieng! Baby bling
lui? Kim Kardashian vermy die negemaande-ding. Foto: WWD.com  ~ 

DIE Kardashians word al van kleins af geleer om namelekkers te dra.

Vir Krismis het Kim Kardashian West al haar siblings se (klein)kinders met regte, egte Louis Vuitton-handsakkies bederf.

Dis nie asof die Kardash­ian-klôgoed ’n tekort aan Kers­geskenke gehad het nie, want Khloé se kleintjie, True Thompson, het ’n pienk Bentley gekry en Rob s’n, Dream Kardashian, ’n kombuisstel.

Ousus Kourtney se Penelope Disick kon op ’n lewensgroot unicorn pronk.

Flashy antie Kiki het dié gifts dalk oortref­. Sy het vir haar dogters, North (5) en Chicago (1), elkeen ’n design­er bag gekoop, asook vir Dream (2), True (9 maande), Penelope (6) en die 11 maande oue Stormi Webster, Kylie se kiddie.

Dié handsakke is nie fong kong nie; antie Kiki het die ontwerpershandsakke self op ’n trip in Japan gekoop.

Mev. Kanye West het Dinsdag op Instagram gebrêgh met haar peperduur geskenke vir die kinders. Sy meen met dié handsakke kan hulle eie handbag collections kickstart.

Die ma van drie moes $620 (meer R8 600) hoes vir elke Mini HL Speedy-sak.

Maar daar is ses kinders en ag sakke op die foto. Volgens People sê Kim “een is vir my en die ander is ’n ekstra vir die toekoms”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters