4 maande gelede
Karin en kie gee jonges kans
ROLMODEL: Karin Kortjé is ’n inspirasie vir baie. Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

JY KAN talent nes Beyoncé hê, maar as niemand jou ’n kans gee om dit af te show nie, kan jy maar vergeet om sukses te proe.

Só glo Karin Kortjé, die wenner van SA Idols in 2005. En daarom het sy die kompetisie Overberg’s Got Talent begin (waarvan Son ’n media-vennoot is).

Karin, wat van Grabouw kom, wil die begaafdes van haar streek help om hulle drome te bewaarheid.

Vasbyt

Toe sy en Camillo Lombard, haar musiekvennoot, die konsert Divas & Maestros drie jaar gelede die eerste keer aangebied het, het hulle besluit om die wenners van Overberg’s Got Talent saam met hulle te laat optree.

Op 9 Junie kry ál sewe Overberg’s Got Talent-wenners ’n kans op die verhoog wanneer Divas & Maestros in die Kaapstad-stadsaal aangebied word.

Karin sê: “Om ’n musikant of sanger te wees is moeilik. Mense dink dis ’n glamorous life, maar jy moet hard werk en vasbyt.

“Dis belangrik dat ons ons kinders support. Deur Overberg’s Got Talent wil ons talentvolle sangers ’n kans gee op die eerste stap na ’n suksesvolle loopbaan.

“Ek’s excited om vanjaar vir die eerste keer ál sewe wenners on stage te hê.

“Boonop is daar nog jong talent in die vorm van Camillo se Cape Music Institute Choir op die verhoog. So, ons gee vir baie youngsters daai aand die kans om deel te neem aan ’n professional production.

Dankbaar

“Ek glo dit sal hulle baie help in hulle careers.”

Die jonges is opgewonde en dankbaar vir hulle kans.

Marcelino Swarts, 2017 se wenner, sê ná sy sukses in die kompetisie, het baie dinge begin sin maak.

“Voordat ek gewen het, moes ek drie keer in ’n ry inskryf, want ek het elke keer in die finals beland. My motto in daai stadium was ‘aanhouer wen!’

“Ek het altyd gesê ek wil famous wees, maar later het ek geleer dit gaan nie eintlik oor roem nie. Dit gaan daaroor om mense se harte te bereik, om ’n verskil te maak en ’n positiewe rolmodel te wees.

“Ek het al so baie bereik deur Overberg’s Got Talent – ek het selfs ’n beurs gewen om musiek te swot en my droom te bereik.”

  • Die Karin Kortjé Stigting word daai aand amptelik bekend gestel. Dis ’n organisasie sonder winsbejag (NPO) wat sy in 2018 geregistreer het.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters