16 dae gelede
Karin, Camillo gaan groot
pragtig: Karin Kortjé saam met haar medesterre.  ~ 

DIE Karin Kortjé Foundation is op dieselfde aand as haar en Camillo Lombard se show Divas & Maestros Sondag in die Kaapse stadsaal bekend gestel.

Dit was ’n emosionele aand toe Karin ook haar ma, Dora Watt, aan die publiek bekend gestel het.

Die uitverkoopte konsert het die talent en werk van Karin en Camillo ten toon gestel – Camillo met sy werk as die hoof van studente by sy musiekskool, Cape Music Institute (CMI), en Karin met haar sangkompetisie Overberg’s Got Talent (OGT).

Die OGT-wenners Envic Booysen (2015), Waylin Vlotman (2015), Sarah-Lee Mars (2016), Clayton Mentoor (2016), Marcellino Swarts (2017) en Qhama Marques (2018) het elkeen hulle staal gewys met hulle optredes.

Kans

Veral Mentoor het die gehoor lekker laat dans met die song “Rock with You” van Michael Jackson.

Later het hy die kans gekry om “Beauty and the Beast” saam met die legendariese Madeegha Anders te sing.

Jill Levenberg, die aktrise van Suidooster, en die twee komediante Quinton Manuels en Wayne McKay was die MC’s op die groot aand.

Karin het kort-kort met ’n mooier en vleiender rok op die verhoog verskyn.

Sy en Camillo het verklaar die jongste Divas & Maestros-konsert was ’n reuse-sukses.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters