2 maande gelede
Kanye klim journo in
los haar uit: Kanye West het ’n vloermoer gegooi toe ’n journo hom uitvra oor Kim Kardashian. Foto: ocregister.com  ~ 

AS JY enigiets te sê of te vra het oor Kanye West se vrou, Kim Kardashian, sal hy ontslae raak van jou.

Dit is wat ’n journo op die New York Fashion Week baie gou geleer het toe sy die rapper gevra het by die show van Ralph Lauren.

Volgens E! News het Kanye geskel: “Sy moet nou uitgegooi word of ek loop. Nou onmiddellik. Gaan julle haar uitsit of wil julle hê ek moet gaan?”

Kanye het toe aan die journo gesê: “Jy moet jou skaam oor daai laaste vraag wat jy gevra het.”

En toe storm hy weg, maar voordat hy heeltemal weg was, het nog ’n verslaggewer gevra: “Hoe het Ralph Lauren jou as ’n kunstenaar geïnspireer?”

Asof niks fout was nie, het Kanye geantwoord: “Hy is een van die inspirerendtee Amerikaanse kuns­tenaars. Hy is my gunsteling.”

Kry jy iemand maller as

Kanye?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters