14 dae gelede
Kanker kry badass vyand
Rolmodel: Rihanna het ’n lingerie-reeks uitgereik om geld in te samel vir navorsing oor borskanker. Foto: Getty Images  ~ 

OKTOBER is Borskankerbewustheidsmaand en RiRi wys dat alles nie net oor roem gaan nie.

Rihanna (31) het ’n beperkte lingerie-reeks uitgereik om geld in te samel vir navorsing oor borskanker.

Die sangeres het op haar Instagram aangekondig dat sy die Savage X Thrivers Xtra VIP Box regdeur Oktober gaan verkoop.

Dis om geld in te samel vir die Clara Lionel Founda­tion, wat sy in 2012 gestig het.

Dit was ter ere van haar grootouers Clara en Lionel Braithwaite.

Die geld word gebruik om navorsing te doen oor aggressiewe vorme van borskanker.

RiRi het ’n foto van vier vroue in die onderklerereeks op haar Instagram gelaai. Borskanker is by dié vier vroue gediagnoseer.

By die foto skryf sy: “Dié Oktober gaan ek en @savage­xfenty fokus op vier van die sterkste, mees badass en inspirerende vroue wat ons #savagexthrivers noem ter ondersteuning van Borskanker­bewustheidsmaand.”

Verteenwoordig

RiRi sê sy het die pienk onderklere laat maak om bewusmaking te skep.

“Savage X Thrivers verteenwoordig jong vroue van alle walks of life wat thrive met kanker. Dit is ’n maklike manier vir mense om betrokke te raak en ’n verskil te maak deur die boks te koop.”

Nou, dis mos wat ’n mens ’n ware rolmodel noem!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters