2 maande gelede
Kanker is nie klaar met Olivia
Kanker is weer by Olivia Newton-John gediagnoseer. foto verskaf  ~ 

DIE kanker klou soos ’n neet aan Olivia Newton-John.

Die Australiese sangeres van die hit movie Grease het bekend gemaak dat die groot K ’n derde keer by haar gediagnoseer is.

Die 69-jarige het aan die uitsaaikanaal Channel Seven vertel dat dokters ’n gewas reg onderaan haar ruggraat gevind het.

Sedertien het sy radia­tion treatment gekry en sy word ook met dagga-olie behandel.

Die aktrise vertel: “Ek behandel dit steeds en ook op ’n natuurlike manier. Dit gaan goed, ja.”

Kanker is in 1992 die eerste keer by Olivia gediagnoseer. Sy het tóé die groot K gebeat. In 2013 het sy ontdek dat sy kanker in haar skouer het.

Maar sy vertel moedig dat hoewel sy moeilike oomblikke beleef, sy steeds positief bly.

“Daar’s oomblikke van wanhoop. Ek is net mens.

“So, as ek myself toelaat, kan ek dit maklik weer skep, jy weet – daai groot vrees,” sluit sy af.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters