12 dae gelede
Kaapse girl dans pad oop na rol in gewilde reeks saam met Miley
danserES: Danielle-Marie Jones speel in Black Mirror se vyfde season. Foto’s: instagram  ~ 

EEN van Kaapstad se goue dogters speel binnekort saam met Miley Cyrus in ’n TV-reeks.

Danielle-Marie Jones (24) het al gesig gewys in The Scorpion King, asook die TV-reeks Bulletproof – en nou gaan sy in die vyfde season van dié gewilde Netflix-reeks te sien wees.

Die pragtige danseres met die groot bos hare gaan die rol vertolk van een van die back-up dansers van Ashley O (Miley Cyrus).

Sy het aan The Juice vertel sy was nog altyd ’n groot fan van die show en toe sy die belangrike call-back kry, het sy geweet sy moet haar alles op die dansvloer gee.

“Ons het geweet dit is virBlack Mirror, maar ons het nie geweet saam met watter celeb ons gaan dans nie. Ek het net gehoor dis vir Black Mirroren gedink ek gaan.

“In die laaste ronde van die oudisies was ons net ’n paar girls.

Ons moes ’n pop routine op een van Ariana Grande se songs doen.

Beste

“Ek het reg voor gaan staan en gedink ek móét net raakgesien word. My hare is so groot, hulle moes my raakgesien het.

“Ek het my beste gegee. Ek was senuweeagtig, maar ek het geweet ek moet all out gaan. Ek het alles op die dansvloer gegee. Ek het my hare geflick en gesorg dat ek na die kamera kyk.”

Conquer die wêreld, meisa!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters