20 dae gelede
Kaap kry aand van jazz, soul
AAN DIE BRAND: Die musikant Oslin Jacobs is opgewonde oor die optrede.FOTO VERSKAF  ~ 

LYLE Ryan Irwin Produksies bied volgende naweek ’n aand van jazz en soul aan met van die Kaap se top-musikante en -sangers.

Die show gee plaaslike kunstenaars die kans om hulle talent op die verhoog ten toon te stel.

Gavin Maralack, die bestuurder en direkteur van die show, sê: “Ons wil ons kunstenaars ’n hupstoot gee en vir hulle laat weet hulle talent is nie verlore nie.

Inspireer

“Ons sangers en musikante gaan werk vir maande oorsee, want daar is eenvoudig nie genoeg werk in die Kaap nie.”

Oslin Jacobs, ’n baskitaarspeler, is baie opgewonde. Hy en sy orkes gaan “Sun­shine in the Morning”, sy single, op die show perform.

Die musikant Heinrich Isaacs sê dis altyd lekker om te perform en ander deur musiek te inspireer.

Die konsert is op 15 Junie by die Jamrock Theatre in Brackenfell. Die vertoning begin 19:30 en kaartjies kos R120.

Bel Isaacs by 081 323 1496 of Jacobs by 081 235 3465.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters