6 dae gelede
Kaap beïndruk Sami van ‘Days’
vol vreugde: Alison Sweeney gooi ’n Kaapse draai. Foto’s: facebook  ~ 

JULLE, Sami van Days is hier in Kaapstad.

Julle sal seker die blondekop-aktrise Alison Sweeney (42) kan uitken waar sy in die Waterfront rondloop.

Die ster van die gewilde Amerikaanse sepie Days Of Our Lives en haar familie gee hulle lyf ’n lekker tyd hier in die koue Kaap.

Alison, haar mammie, Polly Sweeney, en haar 10-jarige dogter, Megan Sanov, het dié naweek hier aangeland en reeds die V&A Waterfront en die Zeitz Museum Of Contemporary Art Africa besoek.

Die aktrise het Sondagaand op Facebook gespog oor haar lekker trip.

“Ons het fiets gery al langs die Waterfront en ons het deur die Silo-museum getoer en ’n heerlike aandete by die Bike Silo Hotel geniet. En nou gaan ons slaap. Ons het nog ’n groot dag wat op ons wag.”

Maandag het hulle die suidelike skiereiland plat getoer.

“Hier is sulke wonderlike vistas en asemrowende wilde diere. Ons het bobbejane, pikkewyne, robbe en so baie ander diere gesien.”

As julle weer in die pad loop, kyk ’n bietjie rond. Dalk sien julle haar!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters