11 dae gelede
‘Jy moet jouself goed ken om deel te neem’
KONINGIN: Mej. Suid-Afrika, Sasha-Lee Olivier, deel wenke.  ~ Foto Verskaf

DIE huidige Mej. Suid-Afrika, Sasha-Lee Olivier, het raad vir meisies wat moontlik aan vanjaar se kompetisie wil deelneem.

Die beeldskone 26-jarige van Gauteng meen jy moet jouself goed ken as jy aan dié nasionale skoon­heidskompetisie wil deelneem.

“Al wat jy nodig het vir die oomblik, is kennis oor wie jy is en waarvoor jy staan. Jy moet ’n visie hê van wat jy met die titel wil bereik. En jy moet die nodige bravade hê om dit na te jaag,” verduidelik sy.

“Baie jong vroue vra gereeld: ‘Hoe weet ons dat ons gereed is om deel te neem?’ Die waarheid is dat ons nie weet nie. Ek leer elke dag.”

Mej. Suid-Afrika vertel verder dat jy nie in jouself moet twyfel nie.

“As jy in jouself glo, dan is jy al halfpad daar.”

Aansoek vir dié jaar se kompetisie sluit op 31 Mei. Jy kan aansoek doen op die amptelike webwerf misssa.co.za en kliek op die tab “Miss South Africa 2020”.

Die spoggerige Mej. Suid-Afrika-kompetisie gaan in Augustus plaasvind.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters