9 dae gelede
Jy kan kroon nog los sing
Stiek yt: Kom maak jou stem dik in die kompetisie Hunter’s Karaoke Kings and Queens.  ~ Foto Verskaf

GISTERAAND was die laaste heat van die kompetisie Hunt­er’s Karaoke Kings and Queens.

Vanaand sal daar uitdunne wees in die Premium Sports Bar in Mitchells Plain, Open Arms Pub in Goodwood en Mia Casa Su Casa in Kuils­rivier.

Môre word uitdunne gehou by Stargazers in Parow, en Sondag by Wickets & Post/Rae Sports Bar in Wynberg en Ground Coffee Shop & Cocktail Bar in Lansdowne.

Op 8 Desember sal daar by Nikita’s in die Nobel Park Shopping Centre in Bellville ’n semi-final wees.

Kriteria

Richard Fortune, die organiseerder, het al gesê die wenner moet ’n all-rounder wees.

“Jy moet natuurlik goed kan sing, maar daar is ander kriteria wat ook in ag geneem gaan word – aanbieding, vocal ability, performance, diction en crowd re­sponse.”

Benewens die kroon is kontantpryse op die spel. Die wenner sal R10 000 ryker wees, die naaswenner stap met R3 000 weg en die persoon in die derde plek steek R2 000 in die sak.

Bel Richard by 083 455 5006 vir nog inligting.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters