13 dae gelede
Justin praat oor hul bieb-bieb-sake
GLANSPAARTJIE: Justin Bieber sê hy en sy vrou, Hailey, doen baie meer as net chill wanneer hulle Netflix kyk.  ~ Getty Images

JY KAN dit maar glo: Justin Bieber se vrou het daai “yummy, yum”.

Die 25-jarige popster het persoonlike details laat val oor sy huwelik met sy vrou, die model Hailey Bieber.

Die tweetjies het mos net in September 2019 getrou.

Die Biebs het in ’n intieme onderhoud in Londen se Indigo by The O2 oopgemaak oor sy en vroulief se bedsake.

Ek sien op E! dinge het só ver gegaan dat die “Yummy”-sanger sy fans toegelaat het om vrae te vra.

Een fan het hom gevra wat hy op ’n gewone dag doen.

“Dit hang af saam met wie ek is,” het hy geantwoord. “As ek met my vrou is, dan hou ons van ...

“Julle kan mos nou maar raai wat ons doen. Dit raak nogal crazy. Dit is hoofsaaklik ál wat ons doen.”

Die Biebs voeg by: “Ons hou daarvan om movies te kyk. Ons hou daarvan om te Netflix en te chill, maar ons doen beslis meer as net chill ...”

Jip, Justin. Ons weet presies wat jy bedoel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters