10 maande gelede
Justin kondig nuwe album aan in video
justin timberlakeFoto: GALLO IMAGES  ~ 

JUSTIN Timberlake is terug met nuwe musiek.

Eonline.com berig die sanger het op Instagram aangekondig dat sy nuwe album, Man of the Woods, op 2 Februarie uitgereik sal word.

Die eerste single drop Vrydag.

Om die nuus aan te kondig, het die 36-jarige Justin ’n video-montage vrygestel van hom wat die outdoors saam met sy vrou, Jessica Biel, en hul seun, Silas, verken.

“Die album is regtig geïnspireer deur my seun, my vrou en my familie – meer as enige ander album wat ek al geskryf het oor waar ek vandaan kom, en dis persoonlik,” sê hy in die video.

En nou wonder die internet oor die nuwe album.

“So, julle sê vir my Justin Timberlake het een keer gaan kamp en nou is hy ’n Mumford en/of seun?” wou een gebruiker weet.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters