2 maande gelede
Jussie kry sy justice voor die kameras
Die lawyers van Jussie Smollett (36) vertel kameras is toelaatbaar in die hof tydens sy saak.Foto: GETTY IMAGES  ~ 

JUSSIE Smollett se lawyer is baie seker van haar kliënt se onskuld.

Tina Glandian glo die Em­pire-akteur het nie sy aanval gefake nie. Sy voel só sterk oor die saak dat sy dié week ingestem het dat daar in die hof kameras kan wees wanneer die hofsaak afskop.

Ek sien op The Juice die lawyer het gesê daar is so baie liegstories en uitgelekte valse berigte dat sy wil hê die publiek moet self die gebrek aan bewyse vir die saak teen haar kliënt sien.

Pleit

Die akteur en sanger is laas maand in Illinois aangekla oor hy glo vir die polisie gelieg het dat hy in ’n homofobiese en rassistiese aanval aangerand is. Volgens hom het twee gemaskerde mans hom op 29 Januarie in Chicago aangerand.

Jussie sal weer Donderdag in die hof verskyn en die kameras sal dan daar toe­gelaat word.

Tydens die hofverskyning gaan daar ’n regter vir hierdie saak aangestel word en die akteur sal gevra word om te pleit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters