12 dae gelede
July net op TV is nie dieselfde
GEEN VERE: Celebs soos Boity Thulo sal nie vanjaar kan opdress vir die Durban July nie.  ~ Foto Verskaf

MZANSI se celebs is seker hartgebroke oor hulle nie hierdie jaar in hulle beste vere kan verskyn vir die Durban July nie.

Daar is aangekondig dat die groot perdewedrenne wel sal plaasvind – maar sonder enige fans weens die corona-virus-krisis.

Dit beteken KwaZulu-Natal gaan sowat R300 miljoen kwyt wees wat die race jaarliks tot die provinsie se ekonomie bydra as die celebs en pierewaaiers nie die event bywoon nie.

Uitgesaai

Maar ons word darem nie heeltemal by die groot jaarlikse event uitgesluit nie.

Die Durban July gaan live uitgesaai word op TV.

Die groot perdewedren wat op die Greyville Racecourse gehou word, sou aanvanklik op 4 Julie plaasgevind het.

Luidens ’n verklaring van die organiseerders van die posh event beoog hulle om dit op 25 Julie te hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters