2 maande gelede
Jou faves hou landwyd konsert
Kunstenaar: Lady Zamar gaan op die Music Alla Kaap-verhoog optree! Foto: Getty Images  ~ 

HET jy al jou kaartjies vir Music Alla Kaap?

Dié Kaapstadse konsert is ’n event wat jy nie moet misloop nie.

Van die land se beste musikante – onder wie Emo Adams, Sasha-Lee Davids, Lady Zamar en Niesa Abrahams – gaan daar wees.

Die show is geskep deur die legendariese entertainer Alistair Izobell. Hy is ook die vervaardiger.

En dis nie net local wat lekker gaan wees nie.

Die Grammy-bekroonde groep All-4-One gaan die toeskouers serenade met hits soos “I Swear”, “I Can Love You Like That” en “These Arms”. All-4-One gaan ook ’n splinternuwe song, “Africa Arise”, perform, wat hulle saam met saam met die Idols-wenner Sasha-Lee opgeneem het. Alistair het dié song geskryf en gecompose.

Kaartjies kos tussen R200 en R350 en is te koop by compu­ticket.com. Drie konserte word beplan. Die datums is soos volg.

  • Johannesburg, 23 Maart, 20:00 by Carnival City;
  • Port Elizabeth, 24 Maart, 18:00 by die Board­walk ICC; en
  • Kaapstad, 30 Maart, 20:00 in die Grand Arena by die GrandWest-casino.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters