11 dae gelede
Jonge Tasché wen The Voice SA 2019
Tasche Burger
Francois van Coke wens Tasché Burger, geluk  ~ foto verskaf

EN DIE wenner van The Voice SA 2019 is die tiener-rocker Tasché Burger.

Die Mosaiek-teater in Randburg in Johannesburg het byna ontplof toe die 19-jarige as die wenner van die  talentprogram aangekondig is.

Die coaches Lira, Riana Nel, Francois van Coke en Riky Rock moes die laaste paar weke terugsit en kyk hoe Suid-Afrikaners hulle gunstelinge kies.

Die deelnemers wat dit gemaak het tot in die topvyf was die PJ Twins, Peter en John Talmarkes, die Baaise powerhouse Eon le Roux, Tasché Burger van Brackenfell, die Afrikaanse nagtegaal Soné Joubert van Gordonsbaai, en die African queen met die sterk stem, Siki Jo-An van Port Elizabeth.

Die talentvolle gospelsanger van die Baai, Eon, is die eerste van die topvyf wat moes waai. Daarna het die kykers ongelukkig ons guns­teling-duo van die Bontas, die PJ Twins, huis toe gestuur.

Dit het ons gelaat met ’n topdrie van die sterk sangeresse Siki, Soné en Tasché.

Daarna is die deelnemer met die sterkste stem, Siki Jo-Ann, sak en pak terug Baai toe gestuur. En ons is toegelaat met die comeback queen Soné en die jonge Tasché.

Sy stap weg met ’n Huawei P30 Pro en toebehore, ’n kleregeskenkbewys ter waarde van R100 000 en ’n splinternuwe Toyota RAV4, asook ’n recording contract.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters