15 dae gelede
Jong talent kry kans
GROOVE: Die legendariese sangeres Sophia Foster gaan ’n lekker show gee. FOTO VERSKAF  ~ 

“DIS hoog tyd dat ons eie kinders skitter ...”

Só glo die legendariese sangeres en regisseur Sophia Foster, wat oor die jare vir haarself groot naam in die vermaaklikheidsbedryf gemaak het.

Die Fostering Foundation help ontwikkel talentvolle jong akteurs en kunstenaars wat nie altyd die geleentheid kry om op die verhoog hulle talent ten toon te stel nie.

“Ek is oor die jare so geïnspireer deur Aretha Franklin se musiek dat ons nou ’n tribute-vertoning gaan opvoer met van die Kaap se mees talentvolle opkomende kunstenaars,” vertel sy.

Foster sê verder die kollig gaan sterk op die opkomende kunstenaars val.

“Baie van die studente kom uit moeilike omstandighede, maar by die Fostering Foun­dation skep ’n veilige omgewing en bring weer hoop dat mense se drome waar kan word.

“Met harde werk en toewyding kom sukses.”

Die Sistas Respect Tribute to Aretha Franklin vind 20:00 op 8 November in die Hoërskool Groote Schuur se Nassau Teater plaas. Kaartjies kos R100. Kontak Sophia by 082 920 8771.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters