10 dae gelede
Jol saam by die Eersterivier Big Bash
Oppie stage: Die sanger D.O.E.P. gaan optree. foto’s verskaf  ~ 

JULLE kan julle maar regmaak vir ’n bash wat skrik vir niks.

Step Up, in samewerking met Khoilective Events, bied op Saterdag 5 Oktober die Eersterivier Big Bash aan.

Dié jaarlikse event is vanjaar in die Grace Tabernacle Auditorium in Forest Heights.

Groot name gaan op die stage wees, soos die welbekende grapjas Emo Adams, die sanger D.O.E.P., die seunsgroep Dynamic Jeezz, die vrouegroep Family Fair en die bekende akteur Maurice Paige van die TV-sepie Suidooster.

Die MC is die komediant Jean Davids.

Ontwikkel

“Dit is ’n event wat beoog om ’n positiewe boodskap, sowel as quality entertainment, te bring na ’n gemeenskap wat bekend is vir sy negatiewe publisiteit. Dis om dié gemeenskap bymekaar te bring,” verduidelik D.O.E.P.

“Dit is ook ’n geleentheid vir fondsinsameling om jong en opkomende talent in Eersterivier te ontwikkel en betrokke te kry by meer events wat nog gaan kom.”

Deure maak 17:00 oop en die event begin 18:00.

Kaartjies kos R100 (gewoon) en R150 (VIP). Dis te kry deur Webtickets en alle Pick n Pay-takke. Andersins, bel Du­rane Plaatjies by 074 807 0589.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters