16 dae gelede
John Cena brêk oor hy lid van Fast Family word
fast Family: Vin Diesel het in ’n video aangekondig John Cena gaan in Fast & Furious 9 speel. Foto: instagram  ~ 

JOHN Cena gaan gesig wys in die negende aflewering van die gewilde franchise Fast & Furious­.

Die wrestler het dié naweek op Twitter aangekondig hy gaan hom aansluit by die ster­belaaide cast.

Hy het getwiet: “Vir byna 20 jaar het die Fast franchise fans vermaak en gesorg vir die grootste cinematic moments in die geskiedenis.

“Dis ’n ongelooflike eer om my by die franchise en familie aan te sluit.”

Vonke

Vin Diesel het ook ’n video op sy sosiale media gelaai waarin John verskyn. Hy skimp in die video dat Pablo John gestuur het om ’n lid van die Fast Family te wees.

Ons weet nog nie veel van die wrestler se rol nie, maar ons weet daar gaan beslis vonke wees wanneer hy hom by Vin Diesel, Michelle­ Rodriguez­, Jordana Brewster en Tyrese Gibson aansluit.

Ek lees op The Juice Universal het in 2017 aangekondig dat hy die uitreiking van die fliek vanaf April 2019 tot April 2020 uitgestel het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters