2 maande gelede
Jo Bro’s in eie dokkie
staan reg: Daar is mos nou ’n nuwe doccie oor die rise ’n fall van die band, die Jonas Brothers. Foto: teenvogue.com  ~ 

AS JY ’n fan is van die Jonas Brothers, moet jy solank daai boks snesies nader trek. Daar kom mos nou ’n dokkie oor die boeties se rise and fall.

Volgens Toofab is die eerste trailer reeds uit.

Daarin vertel Nick (26), Joe (29) en Kevin Jonas (31) van hulle rise to fame en hulle “skokkende” break-up in 2015.

Gedrop

Chasing Happiness fokus onder meer op hoe dié boeties (daar’s actually ook ’n laatlam, die 18-jarige Frankie) hulle lewe en solo-loopbane bou.

Obviously vertel hulle ook vir fans hoe dit gebeur het dat hulle nou weer saam musiek maak. Hulle single “Sucker” het mos verlede maand gedrop, en Happiness Begins kom in Junie. PR speak vir die nuwe album much?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters