5 maande gelede
J.Lo is ’n groot fan van kurwes
Curvy: Jennifer Lopez is al van kleins af geleer om lief te wees vir haar lyf. Foto: CELEBUZZ.COM  ~ 

EK WEET nie hoe enigiemand met Jennifer Lopez se lyf kan fout vind nie.

Maar J.Lo (48) het dié week teenoor InStyle oopgemaak oor die keer toe sy aan die begin van haar loopbaan vertel is sy moet ’n bietjie gewig afskud. Of haar natuurlike kurwes wegsteek.

Maar ek lees nou op Today­.com Jenny from the block laat haar nie sommer voorskryf nie.

“My kurwes het my glad nie gepla nie. Ek het eindelik besef dis wie ek is en dis maar net hoe my liggaam gevorm is.

“Waar ek grootgeword het, het almal so gelyk en hulle was almal vir my mooi.”

Sy sê haar familie, veral haar ma en ouma, het haar op ’n vroeë ouderdom body confidence geleer.

Hulle het dit by my ingedril dat dit is wie ons is en dat dit mooi is.

Die “Booty”-sangeres voeg by: “Om curvy en korter as 6 voet te wees, was nog nooit ’n slegte ding nie. Dit is eintlik iets wat gevier moet word.

“Ek het nie probeer om ’n boodskap uit te dra nie, ek was maar net myself.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters