2 maande gelede
Jenny wys sy is real
real: Jennifer Lopez gaan nie mal met die retouching van haar foto’s nie. foto verskaf  ~ 

SY RETOUCH nie graag haar foto’s nie.

In vandag se dae waar retouched foto’s die internet vol lê, is Jennifer Lopez (50) ’n welkome verandering.

Die internet het eendragtig besluit dat Jenny se kiekies die realste ommie block is.

Die sangeres en aktrise is skelmpies deur die paparazzi afgeneem toe sy besig was met ’n shoot op ’n larney seiljag in die oseaan terwyl sy in St, Tropez, Frankryk, vakansie hou. Die ster het supersexy gelyk in ’n wit swimsuit met ’n lang, geel, dramatiese shawl wat in die wind wapper.

En toe J.Lo haar kiekies op Instagram laai, het die internet uitgewys dat haar kiekies presies soos dié van die paparazzi s’n lyk.

Spier

Daar was geen retouching, Photoshop of FaceTune betrokke nie. ’n Mens kan duidelik nog die natuurlike tekstuur van Jenny se vel sien.

Elke spier en elke curve is presies dieselfde soos in die kiekies wat die papz gevat het. Geen ekstra toon en geen smooth vel is te bespeur nie.

Ek sê dit weer, Jenny is die realste celeb ommie block.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters