2 maande gelede
Jenny kry blok van 'n rock
gering: Jennifer Lopez gaan binnekort weer voor die kansel staan. Foto: getty images  ~ 

J-ROD is verloof!

Alex Rodriguez (43) het ná twee jaar van dating besluit om die pragtige Jennifer Lopez (49) sy vrou te maak.

Die voormalige baseball-speler het die naweek ’n helse ring aan dáái vinger van JLo gesit.

En asof dit nie genoeg was nie, het hy op die bed met roosblare geskryf hy het die aktrise/sangeres lief. Daar was ook ses langsteelrose op die bed se voetenent.

Die tweetjies het die blye nuus Saterdag op hul onderskeie profiele in die sosiale media aangekondig.

Hulle het dieselfde foto gepost – een van die helse diamantring aan Jennifer se slanke hand en A-Rod wat haar hand in syne vashou.

By die foto het hy geskryf: “Sy het ja gesê.”

’n Ingeligte het aan People vertel die vra van die groot vraag het presies afgeloop soos A-Rod dit beplan het.

“Jennifer is uit haar vel uit. Hulle familie en vriende ook.

“Baie min mense het geweet Alex gaan pro­pose. Dit was ’n helse verrassing vir Jennifer. Dit is presies hoe hy dit wou gehad het.”

Die tweetjies gaan ’n lekker blended familie hê, want Jennifer het ’n 11-jarige tweeling, Max en Emme, uit haar huwelik met die sanger Marc An­thony. Alex het twee dogters, Ella (10) en Natasha (12), uit sy huwelik met Cynthia Scurtis.

Ek hoop vir die part van JLo, wat al vier keer tevore verloof was, dis dié keer ware liefde.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters