25 dae gelede
Jazzfees kry ’n tweede asem
JAZZY: Ayesha Madatt sing haar hart uit.  ~ Foto Verskaf

VANDAG sou die laaste dag gewees het vir inskrywings vir die Youth Jazz Festival, wat vanjaar heeltemal aanlyn aangebied gaan word.

Maar die sluitingsdatum daarvoor is nou so ’n bietjie teruggeskuif.

So, jy het nie ’n verskoning om nie in te skryf nie, want inskrywings sluit nou eers 19 Julie.

Die Youth Jazz Festival is in Oktober. Suksesvolle kandidate sal ’n week lank aanlyn meestersklasse bywoon.

Doel

Jazz fans oor die wêreld heen sal hul opvoerings gratis in die sosiale media kan kyk.

Marlene le Roux, CEO van die Kunstekaap-teater, sê: “Die doel van die fees was nog altyd die slyp van vaardighede in die jazz-genre. Dié is ’n voet in die deur.”

Die oudisiekriteria is:

  • Die ouderdomsperk is 27 in die jaar van deelname.
  • Leerders en informele musiekstudente word aangemoedig om ’n oudisie af te lê.
  • Kandidate wat net op gehoor kan speel, is welkom.
  • Kandidate moet in die Wes-Kaap woon.
  • Hoogstens twee oudisie­video’s van drie tot vier minute elk mag ingestuur word. Alle inskrywings moet die kontakpersoon teen Sondag 19 Julie 2020 bereik. Die voltooide aansoekvorm moet ge-e-pos word.
  • Kandidate moet 2 liedjies of komposisies indien. Enige jazz-liedjie of -komposisie is aanvaarbaar.
  • E-pos jou aansoekvorms na toberinm@artscape.co.za.
  • WhatsApp jou oudisie-videos na 084 447 3516.

Vir nog inligting, besoek die webwerf artscape.co.za.

WIL JONGES SLYP: Marlene le Roux van die Kunstekaap-teater sê die Youth Jazz Festival is ’n geleentheid vir jong muso’s.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters