15 dae gelede
Jazz show op ‘onse mense se voorstoep’
saxy: Don Vino is een van die musikante wat sal optree.Foto: peter abrahams  ~ 

DIE mense van Eersterivier en omliggende gebiede kan hulle regmaak vir ’n dag vol lag, kuns en jazz dié naweek.

Gregory Pietersen is die organiseerder van dié FYI Jazz Show.

Gregory het dit saam met ’n paar vriende en die Sekondêre Skool Eersterivier gereël.

Die doel daarvan is om talentvolle musikante ’n platform te bied waarop hulle hul talent kan uitleef.

Dis ook ’n geleentheid vir die inwoners om ’n rukkie van die euwels in die gemeenskap te vergeet en op die goeie te fokus.

Gregory sê met dié show wil hy aan Eersterivier en omliggende gebiede wys daar kan ook goeie dinge uit die gemeenskap kom.

Hy sê: “Dit gaan daaroor dat ons die kunste na ons mense kan bring.

“Baie van ons mense sal nooit die geleentheid hê om na die Artscape, Waterfront of enige ander teaters te gaan vir ’n uitstekende produksie nie.

“Nou bring ons dit vir hulle tot op hulle voorstoep.”

Die bekroonde musikant Don Vino Prins is een van die lineup deelnemers.

Die show beloof ’n middag van hope pret en goeie musiek.

Dit begin Sondag 16:00 in die saal van Eersterivier Sekondêr. Toegang kos R120. Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters